0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (8)
  • R100 - R250 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 9 of 9 matches in All Departments

Soene Onder Die Kersboom (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Soene Onder Die Kersboom (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Serina Bothma kom pas uit 'n lang verhouding wat sleg geeïndig het en wil niks van mans weet nie. Maar Tiaan, een van haar leerders in haar graad een klas, het egter besluit dat sy die perfekte pasmaat sal wees vir sy enkellopende pa, Hugo. Serina daag toevallig by dieselfde vakansieplek as Tiaan en Hugo op.

Hugo vermoed dat sy hom agtervolg het soontoe, maar is nie van plan om by haar betrokke te raak nie, al bekoor haar sagte stem en mooi oë hom. Serina wil self nie haar nuutgevonde vryheid prysgee nie en beplan om te begin skryf. Die enigste probleem is dat geen man haar al ooit so aangeraak het soos Hugo nie. Serina en Hugo probeer mekaar vermy, maar klein Tiaan het ander idees. Hy smee allerhande planne dat die twee gedurig in mekaar se geselskap beland. Hy hét mos vir Kersvader gevra dat sy pappa met sy juffrou moet trou. En vir Kersvader is niks onmoontlik nie…

Hierdie is 'n kersverhaal vol liefde, deernis en familiewaardes. Madelie gebruik godsdiens en Christenskap sonder dat dit die romantiek van die liefdesverhaal bederf.

Die Dokter Langsaan (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Die Dokter Langsaan (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Bea Botes het pas klaar gestudeer en begin ’n boek-en-koffiewinkel terwyl sy werk soek.

Romantiese verhoudings is nie bo-aan haar lys nie, en sy glo buitendien liefde bestaan net in feëverhale.

'n Bruid Voor Kersfees (Afrikaans, Paperback): Madelie Human 'n Bruid Voor Kersfees (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
bundle available
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) In Stock

Marli Botes het op skool haar hart op Wickus verloor, maar hy het haar skaars raakgesien. Ná dertig jaar loop hulle mekaar weer raak toe sy hom kontrakteer om haar huis te restoureer en sy besef gou haar hart het hom nie vergeet nie.

Hy is nou alleenloperpa van 'n matriekdogter en sy 'n weduwee wat met moeite drie kinders alleen grootgemaak het. Haar buurvrou terg haar en voorspel dat sy voor Kersfees 'n bruid gaan wees. Die geskiedenis herhaal homself sowaar toe sy dogter verlief raak op haar seun wat haar in dieselfde lig as sy jonger sussie beskou. Intussen veg beide Wickus en Marli hard teen die ontwikkelende gevoelens tussen hulle.

Hoekom het die noodlot hulle weer saamgegooi? Is dit moontlik dat Wickus hierdie keer haar liefde sal beantwoord? Kan hulle 'n verhouding laat werk?

Eggo's Van Die Hart (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Eggo's Van Die Hart (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) In Stock

Wie gaan haar hart wen?

Jane Roos skilder soos sy lewe: In volkleur en groter as die werklikheid. Sy glo daar is iewers die ideale pasmaat vir haar en dis beslis nie die stil, ernstige oorlogskorrespondent, JJ Richter, nie. Soms tree hy baie vreemd op en dis duidelik dat hy nie veel respek het vir haar nie.

Die feit dat JJ haar nuwe buurman op Bietjiebaai is maak dit nie juis maklik om hom te vermy nie. Boonop word hulle verplig om saam te werk aan ’n projek wat hulle heeltemal te dikwels saamgooi en dwing om mekaar te leer ken.

Kobus van Rensburg, spanningsverhaalskrywer, daag intussen ook by Bietjiebaai op. Hy deel Jane se lewensvreugde en die twee kom uiters goed oor die weg. Is hy die een wat haar hart gaan vermurwe, of dalk haar knorrige buurman met al sy emosionele bagasie en die veraf kyk in sy oë?

Hoog Tyd (Paperback): Madelie Human Hoog Tyd (Paperback)
Madelie Human
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dani de Villiers transporteer onverwags vanaf 2019 na 1724 tot in die sitkamer van die La Rochelle landgoed waar sy vir Jacques le Roux, die eienaar en wynboer, ontmoet. Verward en geskok oor waar sy haarself bevind, vertrou sy nie een woord wat uit Jacques se mond kom nie en sal eigiets doen om terug in haar eie tyd te kom.

Jacques het egter ander planne vir haar, want geen vrou het hom al ooit so aangeraak nie. Omstandighede vermoeilik gou hulle situasie en voor Dani besef wat gebeur, moet sy met Jacques trou om die skinderbekke stil te kry. Om sake te vererger besef Dani dat sy besig is om haar hart op Jacques te verloor.

Wanneer hy ‘n manier vind vir haar om terug te keer na 2019, moet sy ‘n besluit neem: Volg sy haar hart en bly by hom, of moet sy teruggaan na alles wat vir haar bekend is?

Ontydig (Paperback): Madelie Human Ontydig (Paperback)
Madelie Human 1
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Juliette het altyd gedink die stories oor haar oupa se sakhorlosie wat oor magiese kragte beskik is sommer versinsels. Maar nou bevind sy haarself driehonderd jaar in die toekoms, nadat sy en Juli, haar verlangse nasaat, plekke en tye geruil het. Luan Beukes het sy hande vol met die vrou wat sy aangenome suster se plek kom inneem. Hy ontdek dat hierdie vrou maak iets in hom wakker wat hy nooit te wagte was nie.

Rimpelinge (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Rimpelinge (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Elani is oortuig mans raak nie sommer aangetrokke tot haar nie weens haar reputasie as syferkop en boekwurm. Wanneer sy vir Rick op Bietjiebaai ontmoet, is dinge egter ’n ander saak. Rick word bekoor deur haar kinderlik onskuldigheid oor die liefde. Hy terg haar genadeloos en lok haar uit om nuwe dinge te waag.

Rick het Bietjiebaai toe gekom om sy biologiese pa op te spoor. Wanneer hy hom vind, worstel hy om hom te konfronteer, want hy voel te wrewelrig teenoor die knorpot wat hom en sy ma byna dertig jaar gelede in die steek gelaat het.

Elani stoei weer met die onregverdigheid van die lewe wat haar ouers op ’n jong ouderdom van haar weggeneem het. Rick moet leer vergewe, en Elani moet leer aanvaar. Bowenal moet albei besef dat God ’n groter plan het vir hul lewens.

Altyd Die Strooimeisie 3 In 1 Omnibus: Madelie Human Altyd Die Strooimeisie 3 In 1 Omnibus
Madelie Human
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R142 Discovery Miles 1 420 Ships in 3 - 5 working days

ALTYD DIE STROOIMEISIE:Meyer Malan steel Zoe se hart met die eerste oogplasg, maar hoe kan sy hom liefhe as hy juis een van die bevoorregtes is wat op haar pa se erfplaas grootgeword het? Kan sy die familie vertel wie sy werklik is?VASTRAPPLEK IN HAAR HART:Stefani Zietsman daag tien minute laat op vir die nuwe skoolhoof se verwelkmingsfunksie. Van daardie dag af stamp sy en hy oral koppe, maar tog kry sy hom net nie uit haar gedagtes verban nie.BYVOORDELE GEWAARBORG:Regard van Niekerk het lankal besluit om nie ernstig oor vroumense te raak nie. Tot hy op 'n doodgewone Maandag amper een raakry wat 'n skilpad in haar hande in die middel van die pad staan!

Lentemelodie (Afrikaans, Paperback): Madelie Human Lentemelodie (Afrikaans, Paperback)
Madelie Human
R100 R86 Discovery Miles 860 Save R14 (14%) In Stock

’n Voël in ’n kou sing steeds

Ali Grey se lewe is aan skerwe. Haar skitterloopbaan as sangeres in New York is in die weegskaal, want na ’n ongeluk is haar spraak aangetas en sy het ’n lelike litteken aan haar wang. Hoe kan God dit aan haar doen? Maar dan verskyn haar jeugliefde, Jason Vermeulen, weer in haar lewe en hy oortuig haar om by hom in die stad te bly sodat sy behandeling vir haar beserings kan ontvang. Sy worstel om haar geloof te behou ten spyte van alles en wanneer sy begin herstel, kan sy nie besluit of sy wil teruggaan Amerika toe of nie.

Wil Jason haar daar hê? Hy sê niks en die onsekerheid maak haar gek. Moet sy teruggaan New York toe of moet sy by hom bly? Kan sy die besluit op haar eie neem, of moet sy vertrou dat God ’n groter plan met haar lewe het?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Joseph Joseph Index Mini (Graphite)
R642 Discovery Miles 6 420
Butterfly A4 160gsm Board - Bright…
R25 Discovery Miles 250
Slazenger Wimbledon Tennis Balls SL (3…
R140 R130 Discovery Miles 1 300
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840
Shield Anti-Freeze Summer Coolant 50…
 (4)
R57 Discovery Miles 570
Tower Sign - Beware Of The Dog…
R60 R46 Discovery Miles 460
Elna 120 Sewing Machine
 (2)
R4,499 R3,299 Discovery Miles 32 990
Pineware Steam, Spray, Dry Iron (1400W)
R299 R247 Discovery Miles 2 470
Butterfly A4 80gsm Paper Pads - Bright…
R36 Discovery Miles 360
STEM Activity: Sensational Science
Steph Clarkson Paperback  (4)
R256 R211 Discovery Miles 2 110

 

Partners